top of page
Writer's pictureNG Margate

TEN GOEDE

Erediens-hulpmiddels vir 26 Julie 2020



Hallo! Ons gee vandag weer vir julle hierdie hulpmiddel-pakkie. Gebruik dit as aanvulling tot vandag se virtuele erediens. Kom ons kyk die virtuele erediens: Kom ons begin vandag deur saam as gesin die virtuele erediens op Facebook en Youtube te kyk, of om daarna te luister op WhatsApp. Daarna kan julle in hierdie dokument kies watter hulpmiddels julle wil gebruik.


HULPMIDDELS VIR VOORSKOOL & LAERSKOOLKINDERS Kom ons sing: Daar is vissies in die water (https://www.youtube.com/watch?v=0x-3B-nu5Zo) I’ve got peace like a river (https://www.youtube.com/watch?v=7it5W1FVtTs) Kom ons gesels: # Hou jy daarvan om te bid? Hoekom of hoekom nie? # Dink jy ons sukkel soms om te weet hoe om met God te praat? # Dink jy God raak kwaad vir ons as ons nie weet hoe om met God te praat nie? God is nie kwaad wanneer ons nie weet hoe om met God te praat nie. Want die Heilige Gees weet watter woorde ons wou sê. # Hoe voel jy daaroor dat die Heilige Gees weet wat jy vir God wil sê? # God weet wat ons wil sê, want ons is kinders van God. Dink jy God het ons lief? God het ons baie lief. Daar is ook niks wat jy kan doen of enige iets wat iemand anders kan doen wat kan maak dat God jou minder lief het nie. # Hoe voel jy hieroor? # So kyk nou na die groot prentjie aan die begin van die gespreksgids. Vra iemand om dit vir jou te verduidelik: - As God ons lief het en ons nie wegstoot nie, dink julle ons moet dan ander mense wegstoot? - Hoe kan ons ander mense deel van ons lewens maak? Kom ons doen ‘n aktiwiteit: Kom ons knip stroke uit papier en maak ‘n vriendskapstrein. Skryf al jou maats op die stroke en kyk hoe lank kan jou trein wees! Jy kan selfs probeer om ‘n papier-mens-trein te maak! Kom ons gee ons dankoffers: Maak saam ‘n elektroniese betaling aan die kerk deur EFT of SnapScan 😊: ABSA BANK MARGATE - TJEKREKENING REK NO: 329 0144 212; TAK NO: 528 628 HULPMIDDELS VIR HOËRSKOOLKINDERS Kom ons sing: Onse Vader (https://www.youtube.com/watch?v=Cl92RZIwIOQ) U is my toevlug (https://www.youtube.com/watch?v=4B60FQkEim0) Kom ons gesels: # Hou jy daarvan om te bid? Hoekom of hoekom nie? # Dink jy ons sukkel soms om te weet hoe om met God te praat? # Dink jy God raak kwaad vir ons as ons nie weet hoe om met God te praat nie? God is nie kwaad wanneer ons nie weet hoe om met God te praat nie. Want die Heilige Gees weet watter woorde ons wou sê. # Hoe voel jy daaroor dat die Heilige Gees weet wat jy vir God wil sê? # God weet wat ons wil sê, want ons is kinders van God. Dink jy God het ons lief? God het ons baie lief. Daar is ook niks wat jy kan doen of enige iets wat iemand anders kan doen wat kan maak dat God jou minder lief het nie. # Hoe voel jy hieroor? # So kyk nou na die groot prentjie aan die begin van die gespreksgids. Vra iemand om dit vir jou te verduidelik: -As God ons lief het en ons nie wegstoot nie, dink julle ons moet dan ander mense wegstoot? -Hoe kan ons ander mense deel van ons lewens maak? Kom ons doen ‘n aktiwiteit: Kyk of jy hierdie week kan aansluit by ons Wonder Woensdag Tiener groep! Kom ons gee ons dankoffers: Maak saam ‘n elektroniese betaling aan die kerk deur EFT of SnapScan 😊: ABSA BANK MARGATE - TJEKREKENING REK NO: 329 0144 212; TAK NO: 528 628

23 views0 comments

Recent Posts

See All

Comentarios


bottom of page