HOE? WAAR? WANNEER?
‘n NG Margate tuisgeloof Bybelstudie-reeks oor Vrede.
3 AUGUSTUS
FILIPPENSE 4:6-8
ONS KOM VOOR GOD…
Ons gaan in hierdie Bybelstudie-reeks elke keer begin met ‘n K.A.L.M.T.E. oefening:
K – Kom ons word rustig daar waar ons nou is.
A – Asem diep in en uit (drie keer).
L – Let op hoe jou lyf ontspan
M – Moenie enige gedagtes keer nie, maar laat dit verby jou vloei.
T – Tel in jou kop drie dinge waarvoor jy vandag dankbaar is.
E – “Ek is okay,” – sê dit vir jouself hardop.
Daarna kan jy tot die Here bid.
TEKS
* Lees Filippense 4:6-8 en onderstreep die gedeeltes wat jou aanspreek.
** Lees Filippense 4:6-8 en gesels saam oor die gedeeltes wat vir julle uitstaan.
BOODSKAP
Het jy al ooit aande wakker gelê en al die moontlike senarios vir iets uitgedink? Ek het
al baie. Ek het al so baie gesprekke met myself gehad oor al die verskillende maniere
waarop goed kan uitdraai. Mens wonder en wonder en wonder…maar dit berei jou nie
eintlik voor vir wat dan werklik gebeur nie. Dikwels het ek al ook dinge in my gedagtes
so “groot” gemaak, wat toe eintlik nie so erg was om te beleef nie.
Miskien doen ons dit omdat ons nie ons vir beter wil hoop nie, want die teleurstelling
kan dalk baie sleg wees. Of miskien doen ons dit omdat dit vir ons ‘n valse sin van
voorbereidheid gee. Ek hou nogal van hierdie aanhaling:
In die Bybel sien ons egter dat dit waarmee ons ons gedagtes besig hou, van groot
waarde is. Dink bv aan Spreuke 4:23 wat lui: “Wees veral versigtig met wat in jou hart
omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.” Dit waarmee ons ons gedagtes besig hou,
word later verwoord in ons lewens. Wil ons dan regtig, soos die prentjie sê, ons
gedagtes besig hou met iets wat ons nêrens gaan bring nie?
So hoe kan ons dan ons gedagtes inrig?
Filippense 4:6-8 gee vir ons die aanduiding. Ons moet ons gedagtes rig op dit wat edel,
reg, rein, mooi en prysenswaardig is. Dit beteken dat ons ons gedagtes met positiewe
elemente vul en daarom sal ons lewens ook daarvan getuig. ‘n Edel gedagte lei immers
na ‘n edel daad. Ons kan nie mense vervloek in ons gedagtes en steeds verwag dat
ons reg gaan optree nie. Waarvan die hart vol is, loop die mond immers oor.
Maar is hierdie ‘n maklike taak? Nee, want daar is soveel ongeregtigheid wat ons dryf na donker gedagtes en dade. Hoe kan ons dan as gelowiges met positiwiteit reageer op ons wêreld? Ons kan en moet steeds reageer op die wêreld, maar ons reaksies moet getuig van die hart van ‘n gelowige. “…As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe,” (Matt.5:39). Nêrens in die Bybel staan daar dat ons nie moet reageer op die wêreld se ongeregtigheid nie, maar dit vertel egter vir ons hoe ons moet reageer. ‘n Gelowige reageer vanuit die hart van Filippense 4:6-8. ‘n Gelowige antwoord nie haat met meer haat nie; liefdeloosheid met meer uitsluiting nie; verdrukking met meer verontregting nie. Nee, ‘n gelowige antwoord met edelheid, geregtigheid, reinheid en skoonheid. ‘n Gelowige reageer met die positiwiteit van die Heilige Gees. LIED: U liefde bly (https://www.youtube.com/watch?v=MvhzAXfj28w) AFSLUITING * Lees die seënbede vir jouself en sluit daarna af met gebed. ** Lees die seënbede vir almal in die groep en sluit daarna af met gebed.
Mag die Here God van liefde by jou wees. Mag God se positiwiteit jou lewe bestraal. Mag jy deur die krag van die Heilige Gees as dissipel in hierdie lewe leef. Amen.
Comments