‘ONTSPAN, JESUS LEWE…’ JOHANNES 20:19-22
12 APRIL 2020
OPENING
Welkom, gemeente, by ons Paassondag erediens- en Nagmaal tuisgeloof liturgie.
Hierdie liturgie loop hand-in-hand met ons video-erediens op Facebook/Youtube en MP3 stemopname op WhatsApp. Ons vra dat u die riglyne sal volg, maar u is ook meer as welkom om dit in te kleur soos u wil.
Wat gaan u benodig vir hierdie erediens:
- Ons vier vandag die Nagmaal op verskillende plekke, maar steeds as ‘n eenheid in Christus. Daarom dek ons almal vandag ons etenstafels as ‘n Nagmaalstafel. Op hierdie Paassondag dek ons ons tafels met helder of vredevolle kleure. Ons tyd van rou is verby, want Jesus het waarlik opgestaan.
- U gaan u Nagmaalsete benodig. Onthou dat dit oor die boodskap van die simbole gaan en nie die fisiese simbole nie. Gebruik wat tot u beskikking is.
- ‘n Bybel.
- ‘n Christuskers en vuurhoutjies.
Ons verstaan dat nie almal toegang tot internet het nie, daarom maak ons ook daarvoor voorsiening. Gebruik dus asseblief gerus net dit wat vir u gemaklik en tot u beskikking is.
* Open hierdie tuisgeloof liturgie met ‘n opregte gebed tot God.
** Vra iemand in die groep om hierdie tuisgeloof liturgie te open met gebed.
VOORBEREIDING VAN DIE TAFEL
* As jy toegang tot die internet het, kan jy hierdie musiek as stemmingsmusiek gebruik: https://www.youtube.com/watch?v=k9hSLzzJvZs
Gebruik hierdie geleentheid om u Nagmaalstafel in gereedheid te bring. U kan ook die volgende op u tafel dek:
- U Bybel,
- Die Christuskers
- U Nagmaalsete en,
- Toerusting om die video te volg (bv. selfoon).
VIRTUELE PAASSONDAG DIENS
Gebruik hierdie geleentheid om die elektroniese Paassondag erediens te kyk of te luister.
U is meer as welkom om die video op verskeie plekke te “pause” indien u langer teksgedeeltes wil lees.
U is ook meer as welkom om die liturgie saam te volg:
Begin die Video-erediens / MP3 stemopname
Seëngroet
Votum
U kan u Christuskers aansteek
Toe ons op Goeie Vrydag die kerse aangesteek het, was dit ‘n helder lig in die duisternis. Maar nou dat ons dit aansteek op Opstanding Sondag kan geen lig kersvashou by die helderheid van die skepping nie.
Ja, Christus het waarlik opgestaan.
Kom ons juig saam met die hele skepping!
Lofprysingslied: Prys die Heer
U is meer as welkom om die video te kyk by: https://www.youtube.com/watch?v=8fT8TmX98uU
U is welkom om ander liedere ook te kyk / luister:
Halleluja in my hart (https://www.youtube.com/watch?v=8lN1wpZB8ME)
LB 422 – Die Heer het waarlik opgestaan (https://www.youtube.com/watch?v=KguBo4H96wY)
JOHANNES 20:1-7
Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe vir wie Jesus baie lief was, en sê vir hulle: “Hulle het die Here uit die graf weggevat, en ons weet nie waar hulle Hom nou begrawe het nie.” Petrus en die ander dissipel het toe uitgekom en na die graf toe gegaan. Die twee het saam begin hardloop, maar die ander dissipel het vinniger as Petrus gehardloop en eerste by die graf gekom. Toe hy vooroor buk, sien hy die doeke lê, maar hy het nie ingegaan nie. Ná hom het Simon Petrus ook daar aangekom, en hy het in die graf ingegaan. Hy sien toe die doeke daar lê, ook die doek wat om Jesus se kop was. Dié doek het nie by die ander doeke gelê nie, maar was eenkant afsonderlik opgerol.
Lofprysingslied
LB 409 Hoor jy die Paasfeesklokke
U is meer as welkom om die volgende liedere ook te gebruik:
LB 403 Christus het opgestaan
LB 420 Daar klink ‘n lied, daar juig ‘n stem
LB 396 Aanskou die Heiland, sien die kruis (https://www.youtube.com/watch?v=tpGktHxXGOY)
JOHANNES 20:11-18
Maar Maria het buite by die graf bly staan en huil. Terwyl sy huil, het sy vooroor gebuk om in die graf in te kyk. Toe sien sy twee engele met wit klere aan daar sit waar die liggaam van Jesus gelê het, een waar die kop en een waar die voete was. Hulle vra toe vir haar: “Mevrou, waarom huil jy?” Sy antwoord hulle: “Omdat hulle my Here weggevat het en ek nie weet waar hulle Hom nou begrawe het nie.” Nadat sy dit gesê het, het sy omgedraai en vir Jesus daar sien staan, maar sy het nie geweet dat dit Hy is nie. Jesus vra haar toe: “Mevrou, waarom huil jy? Vir wie soek jy?” Sy het gedink dit is die tuinopsigter, en sy het vir hom gesê: “Meneer, as u Hom weggevat het, sê vir my waar u Hom begrawe het, en ek sal Hom daar gaan haal.” Jesus het vir haar gesê: “Maria!” Sy draai na Hom toe en sê in Hebreeus vir Hom: “Rabboeni!” Dit beteken leermeester. Jesus sê toe vir haar: “Moet My nie vashou nie, want Ek het nog nie na die Vader toe opgevaar nie. Maar gaan na my broers toe en sê vir hulle: ‘Ek vaar op na my Vader toe, wat ook julle Vader is, na my God, wat ook julle God is.’ ” Maria Magdalena het toe vir die dissipels gaan sê: “Ek het die Here gesien!” En sy het ook vertel wat Hy vir haar gesê het.
Belydenis
Here, ek wil U loof, met alles in my, wil ek U Heilige Naam loof. Ek wil U loof en nie een van U weldade vergeet nie. Dit is U wat al my sonde vergewe, wat my red van die graf en my met liefde en ontferming kroon.
Amen.
NAGMAAL
Gebed
Prediking
U kan die video-erediens kyk of die stemopname luister
JOHANNES 20:19-22
Daardie Sondagaand was die dissipels bymekaar. Alhoewel die deure gesluit was omdat hulle bang was vir die Jode, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en vir hulle gesê: “Vrede vir julle!” Nadat Hy dit gesê het, wys Hy sy hande en sy sy vir hulle. Die dissipels was baie bly toe hulle die Here sien. “Vrede vir julle!” sê Hy weer vir hulle. “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: “Ontvang die Heilige Gees!
Slotlied
U kan gerus hierdie lied as addisionele slotlied luister:
Seën
AMEN.
Commentaires