‘GOD LEEF IN ONS GEDAGTES’ – DEUTERONOMIUM 6:4-8
5 APRIL 2020
OPENING
Word ‘n oomblik rustig in die teenwoordigheid van God.
* Open hierdie tuisgeloof Bybelstudie met ‘n opregte gebed tot God.
** Vra iemand in die groep om hierdie tuisgeloof Bybelstudie te open met gebed.
LOFPRYSING EN AANBIDDING
Ons gee vir jou die skakels vir die volgende liedjies. Jy kan dit luister of saamsing.
As jy nie YouTube wil gebruik nie, kan jy ook na die alternatiewe liedjies kyk.
Lofprysing:
- No longer slaves (https://www.youtube.com/watch?v=f8TkUMJtK5k)
- God is liefde (https://www.youtube.com/watch?v=CPJeDvM1-90)
Stilte
Bid saam voordat jy na die volgende lied luister.
Aanbidding
- Kunswerk (https://www.youtube.com/watch?v=gH4vZnJ9aJs)
- Oceans (https://www.youtube.com/watch?v=6GGFb6LcX3U)
Alternatiewe musiek:
Lofprysing
LB 334 God is liefde! Juig ons harte
LB 332 God se liefde so oneindig
LB 514 Ek weet vir seker
Aanbidding
LB 162 U self het ons geroep, Heer
PREEK:
Kyk of luister na die preek van 5 April 2020 op Facebook.
BESPREKING VAN DIE BOODSKAP:
# Hoe dink jy beїnvloed die boodskappe van die simbole wat ons in die gebruik, ons verstaan van onsself, mekaar en God? Bv. deur die simbool en boodskap van die kruis, verstaan ons onsself as mense wat vrygespreek is van ons sonde.
# Dink na oor hoe jou selfbeeld lyk. As iemand dit moes skilder, hoe sal dit lyk? Watste boodskap dra jou selfbeeld in die wêreld in?
# Hoe voel jy daaroor dat God se liefde ons kom verander om lewendige simbole van liefde te wees. Hoe beїnvloed dit die manier waarop ons leef in die wêreld?
UITDAGING:
In hierdie tyd van sosiale distansiëring is dit baie moeilik om te weet hoe om prakties te leef in die Koninkryk van God. Daarom wil ons jou vanoggend uitdaag met die volgende:
Kies enige simbool in die kerklike lewe waarvan jy hou. Skryf vir ons in ‘n paar woorde hoe dit jou lewe verander. Jy kan dit op WhatsApp vir my of Mike stuur. Ons sal almal s’n bymekaar sit en die groot boodskap versprei.
Daarmee saam wil ons jou vanoggend bewus maak van die nood in ons gemeenskap. Baie mense het nie ‘n bron van inkomste nou nie. Daarom gaan ons vandag al ons erediens kollektes vir diensgroep Barmahrtigheid gee. Jou kollekte vandag sal gebruik word om ons gemeenskap se nood te verlig. Baie dankie vir jou getroue bydrae.
AFSLUITING:
* Lees die seënbede vir jouself en sluit daarna af met gebed.
** Lees die seënbede vir almal in die groep en sluit daarna af met gebed.
Ontvang dan nou die seën van die Here:
Mag die Here u omvou en u beskerm. Mag die Here vir u ‘n lig op die pad wees en mag u ‘n simbool van die Here se liefde en genade wees. Vir nou en tot in ewigheid. Genade en vrede vir ons elkeen. Amen.
Comments