'AANBIDDING' - PSALM 8
31 MAART 2020
INGENOOI DEUR GOD:
Gee genoeg tyd vir stilte. As julle in ‘n groep Bybelstudie doen, vra iemand om met gebed te open.
Raak bewus van jou diepste vrese en behoeftes en gee dit aan God oor.
Stel nou jouself oop vir God se Woord. As jy die teks lees, let op die beweging van die Heilige Gees in jou hart en gedagtes.
YSBREKER
Kyk na die volgende prentjie:
# Wat beleef of dink jy as jy die prentjie van die aarde gesien vanaf die maan bekyk?
# Wat sou jy vir God in een sin wou sê oor hoe wonderlik Hy is? Deel dit met iemand.
LOFPRYSING EN AANBIDDING
Ons gee vir jou die skakels vir die volgende liedjies. Jy kan dit luister of saamsing. As jy nie YouTube wil gebruik nie, kan jy ook na die alternatiewe liedjies kyk.
Lofprysing:
O Heer my God (https://www.youtube.com/watch?v=YTPlzAjY5uE)
Retief Burger - U is ons alles (https://www.youtube.com/watch?v=emmOGyt8wCs)
Stilte
As jy na die volgende lied luister, voel een met die geloofsfamilie wêreldwyd. Sit rustig en laat god se vrede deur jou vloei.
Aanbidding
Chris Tomlin - How great is our God (https://www.youtube.com/watch?v=yjtkpLtB6WA)
Alternatiewe musiek:
Lofprysing
LB 197 Wonderbare Koning
LB 198 God is my lied
LB 280 Here Redder, groot en magtig
TEKS:
* Lees Psalm 8 as die gebed van jou hart voor aan die Here. (Verbeel jou jy sit op ’n donker plek waar daar min mensgemaakte lig is en kyk na die sterrehemel. As alternatief kan jy ook uitstap en na die wolkehemel kyk of ’n mooi plant bewonder)
* Lees Openbaring 5:13 twee keer deur. Bid nou die gebed saam as groep of individueel as jy alleen is.
BOODSKAP:
In vanoggend se teks, Psalm 8, lees ons van die grootheid van die Here teenoor die nietigheid van die mens. Die Psalm begin en eindig met lof en aanbidding aan die Skeppergod. Dit gaan in die Psalm oor verwondering oor die Skeppergod. Verwondering is ook aanbidding. God is groter as die kerk, as Margate, as alles wat gemaak is. Wanneer geringe mense (kinders en suigelinge) God se heerskappy erken, gebeur daar iets groots. God maak magtige mense stil. Kyk weer op na die sterre, of na die wolke in die hemel as dit dag is by jou waar jy nou lees. Gaan staan stil by ’n blom of blaar. Maak tyd daarvoor. Let op hoë fyn alles aanmekaar geweef is en verwonder jou daaroor. Soos die Psalmis kan ons nie ander as om te aanbid nie.
Aanbidding is om jouself weg te kyk en God se grootheid en goedheid raak te sien. Die eerste ding wat die Psalmis raaksien is nie die aarde nie, maar God. Dit gaan oor Hom. Hoor hoe mooi stel die Westminister Confession (ekumeniese belydenis) dit: “What is the chief end of man? Antwoord: “Man’s chief end is to glorify God, and to enjoy Him forever.” (1 Korintiërs 10:31). As ons besef hoe ontsagwekkend alles is wat God gemaak het, besef ons ons eie geringheid en wonder ons of ons tel. Tog is dit jou lewe wat God grootmaak. Jy tel want Hy vertrou jou met Sy skepping.
God regeer oor hemel en oor aarde. Daarom begin en eindig die Psalm met lof aan God. Ek en jy leef uit Sy genade. Ek is iets omdat hy my iets gemaak het. Dit gaan egter nie oor my nie. Hy alleen is waardig.
Verwonder jou vandag oor God se betrokkenheid by jou lewe en die van jou gesin. God kyk met deernis na ons. Bewys dan deernis teenoor ander.
Amen.
BESPREKING VAN DIE BOODSKAP:
# Wat maak dat mense graag oor hulself praat?
# As jy oor die drie-enige God moes praat, wat sou jy oor Hom wou oorvertel? Deel dit met mekaar.
# Hoe help die kruisgebeure ons om God te prys vir Sy omgee vir nietige mense? (Lees weer Openbaring 5:13)
# Vertel vir mekaar waar jy God se hand in die Skepping of jou eie lewe raaksien? Vertel dit vir God self.
# Die Skepper het hierdie aarde vir Homself gemaak. Hy laat ons in die goedheid van Sy Skepping deel. Wat kan jy prakties doen om God se Skepping ’n beter plek te maak om in te woon vir almal? Hoe vorm dit deel van jou aanbidding?
UITDAGING:
Patrice Mahlog het gesê dat aanbidding’n lewenstyl is. “What you do throughout the day, is you act of worship to God.” (1 Kor. 10:31).
Hoe is God verheerlik deur wat jy vandag mee besig was?
AFSLUITING:
* Lees die seënbede vir jouself en sluit daarna af met gebed.
** Lees die seënbede vir almal in die groep en sluit daarna af met gebed.
Mag God ons genadig wees en ons seën;
mag Hy tot ons redding verskyn
sodat sy dade oor die wêreld heen bekend mag word,
sy reddende krag onder alle nasies. (Ps. 67:2,3)
Amen.
Die aarde is deel van 'n groter geheel.