Gebruik hierdie oomblik om rustig te word in die teenwoordigheid van die Here.
Haal diep asem.
Herhaal die woorde in gebed:
Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.
Die Here is my herder,
Die Here is.
Die Here is my herder,
LYDENSTYD Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.
Amen.
Lydenstyd begin van Aswoensdag af en duur vir 40 dae (Sondae uitgesluit). Daarna vier ons Paasfees.
Kies een van hierdie geloofsgewoontes om gedurende hierdie 40 dae van Lydenstyd te oefen:
VAS: Party mense kies om iets waaraan hulle geheg is, op te gee om sodoende iets van Jesus se opoffering te verstaan. Wat wil jy vas in hierdie tyd?
VANDAG SE BYBELSTUDIE BID: Hierdie 40 dae is ook ‘n geloofs- en gebedsreis. Hoe wil God jou geloofsvorming in hierdie tyd vernuwe en verskerp? Hoe kan jy meer luister na God en meer lewe in die Gees?
GEE: Lydenstyd is ook ‘n tyd om bewus te word van hoe ons in hierdie lewe omgaan. Klou ons vas aan ons besittings en ideologieë? Of is ons vrygewig?
Oorwinning oor sonde
LEES: Romeine 6
DINK: In die boek Genesis lees ons hoe God die kosmos en alles daarin in harmonie geskep het. Maar die mens het keer-op-keer gekies om te luister na ‘n ander boodskap. Hoe meer die mense vir iets anders gekies het, hoe minder was hulle deel van die harmonie wat God geskep het. Hierdie sondige natuur het in die wêreld ingekom en dit het die verhoudings tussen mens en God, mens en medemens en mens en skepping versteur. Daarom het die Israeliete in die Ou Testament dikwels ‘n lam sonder gebrek geoffer as versoening vir hul sonde.
In die Nuwe Testament lees ons dat daar na Jesus verwys word as die “Lam van God”, omdat Jesus vir ons sondes aan die kruis gesterf het. Hierdie aksie van Jesus het daarheen gelei dat die mens se verhouding met God herstel is. Net soos een daad van sonde lei tot ‘n harmonie-lose wêreld, so het die offer van Een Volmaakte Christus die mens terug gebring na die harmonie wat God beplan.
Daarom gedenk ons die oorwinning oor sonde in hierdie Lydenstyd. Maar wanneer ons dit gedenk, dan weet ons: dit is nie uit ons krag dat ons oor sonde oorwin nie, nee, dit is Jesus Christus wat die oorwinning behaal het. Ons is steeds sondige, gebroke, onperfekte mense. Die strewe na perfektheid en ‘n lewe sonder sonde, is nie iets wat ons ooit kan behaal nie.
Maar God verwag ook nie van ons om dit te behaal nie.
As gevolg van die kruisdood kyk God na ons en sien die geregtigheid van Jesus Christus. En dit bring ons in volkome versoening met die Here. Paulus skryf immers in Romeine 6:22:
Maar nou – julle is vrygemaak van die sonde en in diens van God gestel en die vrug daarvan is dat julle geheilig word, en die uiteinde is die ewige lewe.
Te danke aan Christus het God oor die sonde en die dood oorwin en word hierdie genadegawe ook aan ons geskenk. Ons het reeds nou die ewige lewe. Daarom, alhoewel ons nooit perfek kan wees nie, is ons verlos van die mag wat sonde in ons lewens het. Ons is bevry van die houvas wat sonde op ons lewens het. Ons word geroep om in die harmonie van God deel te neem.
Kom! Kom wandel in hierdie nuwe lewe!
BID: Kniel voor die Here en bedank God vir die genadegawe wat God vrylik met jou deel.
Comments