top of page
Writer's pictureNG Margate

OORWINNING OOR SKULDGEVOELENS & SKAAMTE


Gebruik hierdie oomblik om rustig te word in die teenwoordigheid van die Here.

Herhaal die woorde in gebed:

U, Here, laat my lamp helder skyn.

My God gee lig as dit donker is om my

Amen.

Psalm 18:29


Lydenstyd begin van Aswoensdag af en duur vir 40 dae (Sondae uitgesluit).

Daarna vier ons Paasfees.

Kies een van hierdie geloofsgewoontes om gedurende hierdie 40 dae van Lydenstyd te oefen:


VAS: Party mense kies om iets waaraan hulle geheg is, op te gee om sodoende iets van Jesus se opoffering te verstaan. Wat wil jy vas in hierdie tyd?


BID: Hierdie 40 dae is ook ‘n geloofs- en gebedsreis. Hoe wil God jou geloofsvorming in hierdie tyd vernuwe en verskerp? Hoe kan jy meer luister na God en meer lewe in die Gees?


GEE: Lydenstyd is ook ‘n tyd om bewus te word van hoe ons in hierdie lewe omgaan. Klou ons vas aan ons besittings en ideologieë? Of is ons vrygewig?


Oorwinning oor skuldgevoelens en skaamte

LEES: Genesis 3:1-13


DINK:

Ek was bang, want ek was naak, toe het ek weggekruip. (Genesis 3:10). Een sinnetjie wat alles sê oor hierdie onderwerp: ‘Skaamte en skuldgevoelens.” Die uitvloeisel van Adam en Eva se oortreding in die Paradys het geweldige implikasies gehad vir hul verhouding met God, hulself en die natuur. Skaamte en vrees is van die emosies wat hulle beleef, maar gevoelens van hartseer, skuld en woede is nie uitgesluit nie. Baie mense ly aan skuldgevoelens omdat hulle voel hulle voldoen nie aan ander se verwagtinge nie. ’n Skuldgevoel is ’n emosionele ervaring wat voorkom wanneer mense glo of verstaan – of dit waar is of nie – dat hulle hulle eie standaarde onder verdenking geplaas het of universele morele standaarde oortree het, en dan aansienlike verantwoordelikheid vir daardie oortreding neem Adam en Eva is skaam vir hulself na hulle hulself en God teleurgestel het. Die vorige verhouding van openheid en vertroue is verbreek. Nou is hulle skaam en selfbewus en is naaktheid skielik ’n bedreiging vir hulle. Hulle beoordeel hulself nou in ’n negatiewe lig. Dit lei tot selfverwerping en selfveragting en destruktiewe gedrag. Hulle isoleer hulle van God. Hulle voel ook skuldig en weet dat hulle in ’n hoek vasgekeer is, daarom probeer die een die ander blameer, selfs die slang wat nie ’n voet gehad het om op te staan nie, want hy moes voortaan op sy maag seil, is in die spervuur. Skuldgevoelens kan mens of vernietig of heel laat word. Dit hang af wat jy met jou skuldgevoelens doen. Adam en Eva se verwerking van hulle skuld is destruktief daarin dat hulle ander wil blameer.


Natuurlik is daar ook gevalle van molestering, of mishandeling of slegte behandeling deur mense wat jou laat voel, jy is die skuldige. Onderskei dan tussen egte en ware skuldgevoelens. Doen selfondersoek en as dit nodig is vra om vergifnis en verskoning, ook vir God. Maar moenie dat skuldgevoelens jou verteer nie. Jesus Christus het al ons skuld aan die kruis gedra. Daar is geen veroordeling meer vir hulle wat in Christus is nie. Romeine 8:1. Onthou ook die woorde van Psalm 103: So vêr soos die Ooste van die Weste af is, so vêr verwyder god ons oortredinge van ons af.


As skuldgevoelens jou onderkry bring dit na die kruis van Jesus, Hy het met Sy kosbare bloed vir al jou skuld betaal. Die kwitansie met jou naam, wat sê: Dit is volbring, het jou naam daarop. Neem dit aan. Maar oppas dat jy nie maak soos iemand eenkeer aan my gesê het na hy duidelik sy plig versuim het nie: “Jy sal my nie laat skuldig voel nie.” Dis of moedswilligheid of sielkundige onstabiliteit.


Oorwonne mense, het iemand gesê word gedefinieer deur hul verlede. Hulle sien hulself as mislukkings. Mense wat leef vanuit die oorwinning by die kruis van Golgota. Hulle weet dat God nie die letsels van hul verlede of mislukkings langer aanskou nie. Dis by die kruis weggeneem en daar vasgespyker. Christene ontken nie dat hulle feilbaar is nie, maar kan hulself an ander vergewe omdat Christus hul sewentig maal sewe vergewe. Hulle kan hulself, mekaar en God weer in die oë kyk.


BID: Kniel voor die Here en dank Hom dat daar geen veroordeling meer is vir die wat in Christus is nie.

21 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page