top of page
Writer's pictureNG Margate

ONTMOETING 7: “HANDE VAT…”

‘N TUISGELOOF PINKSTERREEKS

29 MEI 2020


WELKOM!

# Word vir ’n paar oomblikke bewus van jou eie hartklop en die lewe wat in jou is. Kyk nou na die skildery:

# Watter emosies beleef jy as jy hierna kyk? Deel dit met iemand.

* Open hierdie tuisgeloof Bybelstudie met ‘n opregte gebed tot God.

** Vra iemand om hierdie tuisgeloof Bybelstudie te open met ‘n opregte gebed tot God.

YSBREKER

# Dink bietjie na aan die kere in jou lewe toe jy op jou veiligste gevoel het. Dit kan wees toe jy in iemand se geselskap wees of ’n spesifieke insident wees wat jou veilig laat voel het. Deel jou verhaal met iemand en vertel hoekom jy veilig gevoel het.

“NO HANDS, HANDSHAKE”

Vandag leer ons die sewende beweging van ons “no hands, handshake”:

1. Staan 1meter uitmekaar

2. Strek jou hand uit

3. Raak aan jou oor.

4. Draai jou hande om mekaar.

5. Maak vuiste en slaan dit op mekaar.

6. Bons jou hande in die lig met plat hande asof jy iets moet dra.

7. Maak ‘n bril met jou vingers oor jou oë.

Vou jou hande asof jy hande vashou met jouself en klap daarna drie keer jou hande

Kyk nou hoe vinnig jy ons “no hands, hansdhake” kan doen!

LOFPRYSING & AANBIDDING

Gebruik hierdie skakels om die Here te loof en te aanbid:

Lofprysing

- As ek voor u voete val. Retief Burger (https://youtu.be/E2LSuRtYZVU)

- He’s got the whole world in His hands (Kinderweergawe) (https://youtu.be/hXrqnfcW_Y8)

Stilte

Bid saam voordat jy na die volgende lied luister.

Aanbidding

Soos die arend. Piet Smit (https://youtu.be/rXAcfTDtrBM)

Alternatiewe musiek:

Liedboek: Liedboek 509: Op berge en in dale

KOM ONS WONDER SAAM

* Lees Psalm 73 en onderstreep die gedeeltes wat vir jou uitstaan.

** Lees Psalm 73 en onderstreep die gedeeltes wat vir julle uitstaan. Gesels oor julle gedeeltes.

BOODSKAP.

Ken jy die ou Amerikaanse “gospelliedjie:” Die woorde lui so:” Hê’s got the whole world in His hands. He’s got the itty bitty baby in His hands. Hê’s gotta you and me brother / suster in His hands. Hê’s got the whole world in His hands.” Dis ’n pragtige belydenis. Dit herinner ons daaraan dat God ons hand styf vashou. Dat ons geborge is. Die woord beteken om bemin te word, om veilig te voel, om tevrede te wees. Vergenoeg. So moet dit ook vir ons almal te wees.

So het die Psalmis ook gevoel toe hy reg aan die begin van die Psalm geskryf het: “God is vir Israel baie goed, vir die wat rein van hart is.” Tog is sy lewe sommer skielik deurmekaar gekrap. Soos wat die huidige COVID 19 ons almal se lewens omvergegooi het. Ouers en kinders kyk om hulle en sien hoe mense, hulself werkloos raak. Hulle kan nie skool toe gaan nie. Party besighede sukkel. Ander maak toe. Mense word siek.

Terugslae, teleurstelling, frustrasie, maak alles dat ons soms wonder of die Here God regtig die hele wêreld in Sy hande vashou. En ons raak ontevrede, onvergenoegd, soos die Psalmis. Ons voel nie meer veilig nie.

In een asem stel die Psalmis dit dat hy tevrede is. Die volgende oomblik begin hy twyfel aan die Here se goedheid. Dis normaal om soms so te voel. Alle kinders van die Here voel partykeer as dinge nie vir ons uitwerk soos ons gehoop het nie. Die vraag is net met watter oog ons na die lewe en na ons eie situasie kyk. Die Psalmis kyk om hom en sien mense wat ver van God leef en dit gaan goed met hulle. Hy probeer die Here dien en dit gaan sleg met hom. Een en een bymekaargetel gee nie vir hom twee nie. Dit het gemaak dat Hy verbitter en verontreg begin voel het. Voel jy ook partykeer so? Jy kan maar al jou gevoelens met die Here deel. Hy weet in elk geval wat in jou hart leef.

Wat het die Psalmis gehelp om weer tevrede te voel? Hoe het hy weer rustig geraak? Hy het met die Here gaan praat. (Dis wat dit beteken om in die heiligdom van God in te gaan). Jy kan dit ook doen as jy ontevrede is oor dinge. Praat met die Here. Wees eerlik. Hy verstaan. Met tyd sal dinge begin duideliker word. Gee jouself net tyd. Na sy tyd met die Here verstaan die Psalmis skielik ’n klomp goed.

Wanneer mense deur moeilike tye gaan, wees daar vir hulle. Bid vir hulle. Wees geduldig met hulle. Help hulle waar jy kan. Die Here het die Psalmis se oë geopen sodat hy perspektief gekry het. Al was die gevoel dat die Here weg was toe dit moeilik gegaan het, was die Here die heeltyd daar. Hy hou inderdaad die hele wêreld in Sy hand. Deur Sy Heilige Gees is Hy by ons en in ons en langs ons.

Voel jy soms afgetakel na liggaam en gees? Werk jou planne nie altyd uit soos jy gedink het nie? Onthou wat die Psalmis ontdek het toe Hy met die Here tyd deurgebring het. In vers 23 van die Psalm ontdek hy dat die Here nog altyd by hom was, nog nooit sy hand gelos het nie. Mag jy ook van dag tot die ontdekking kom. Die Here stap saam met jou. Hy hou jou hande vas. Hy is lief vir jou, by jou, daar vir jou.

Ek stap een dag met my kleinkind hand aan hand in die son. Ek merk toe skielik twee skaduwees op en wys hom daarop. Oupa se groot skaduwee en syne langs mekaar. En skielik tref dit my. So is God, onsigbaar vir die oog en tog, is Hy die skaduwee aan my regterhand. Hy het in Christus my hand gevat. Niemand, leer Joh. 10:28 elders, kan my uit sy hand ruk nie. Die Heilige Gees in my verseker my daarvan. “Hê’s got the whole world in His hand.” Vir seker. Amen

KOM ONS WEES SAAM

# Gesels oor wat dit beteken om vergenoeg/ tevrede te wees

# Wat maak dit vir die Psalmskrywer moeilik om vergenoeg te wees? En vir jou?

# Wat help die Psalmskrywer om vergenoeg te wees? En vir jou?

# Vertel vir mekaar van ’n keer toe wat jy gevoel het God is by jou en God hou jou hand vas.

# Hoe kan ons vir ander mense wys ons is daar vir hulle sonder om aan hulle te raak?

TOT ONS MEKAAR WEER SIEN

Oefen jouself in die gewoonte van vergenoegdheid / tevredenheid in deur vir ’n week lank elke aand vir die Here in een sin dankie te sê dat Hy jou hand styf vashou. Doen dit selfs al voel jy nie so nie.

AFSLUITING

Eien Psalm 73:25 en 26 vir jou toe. “Daar is niks in die hemel of op die aarde wat vir my meer beteken as U nie. Al is ek afgetakel na liggaam en gees. God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd.” Amen

* Lees die seënbede vir jouself en sluit daarna af met gebed.

** Lees die seënbede vir almal in die groep en sluit daarna af met gebed.


44 views0 comments

Recent Posts

See All

Comentários


bottom of page