top of page
Writer's pictureNG Margate

HANDE KLAP! DIT IS PINKSTERFEES

Erediens-hulpmiddels vir 31 Mei 2020

Hallo!

In hierdie tyd van inperking is ons steeds besorgd oor mekaar se geloofsvorming, daarom is vandag se virtuele erediens ook ‘n familievriendelike erediens.

Ons gee ook vir julle hierdie hulpmiddel-pakkie: gebruik dit as aanvulling by die familievriendelike erediens.

Kom ons kyk die virtuele erediens:

Kom ons begin vandag deur saam as gesin die virtuele erediens op Facebook en Youtube te kyk, of om daarna te luister op WhatsApp.

Daarna kan julle in hierdie dokument kies watter hulpmiddels julle wil gebruik.


HULPMIDDELS VIR VOORSKOOL & LAERSKOOLKINDERS

Kom ons sing:

Kom ons gesels:

# Pinkstertyd herinner ons daaraan dat God by ons is. Hoe voel jy hieroor?

# Jesus het ook vir ons ‘n nuwe lewe gegee. Wat dink jy beteken dit?

# Die Heilige Gees is ook by ons en daarom wil ons die regte dinge doen. Kan jy dink aan ‘n paar regte dinge wat ons kan doen?

# Hoekom dink jy wil ons ‘n lewe leef waar ons die regte dinge doen?

# Wat kan jy vandag doen om te wys dat jy wil leef soos die Heilige Gees ons leer?


Kom ons doen ‘n aktiwiteit saam:

1. Kry vir jou wit papier reg.

2. Vra jou ouers om vir jou stroke op die papier te teken.

3. Kleur nou die stroke in met die volgende kleure: rooi, geel en oranje. Onthou om albei kante van die papier in te kleur.

4. Vra jou ouers om jou te help om met die sker die stroke uit te knip. Jy kan ook die sker gebruik om die papier te laat krul.

5. Plak nou die onderkant van die stroke aan mekaar vas, of plak dit op ‘n stokkie.

6. Nou kan jy jou Pinksterstokkie rondswaai en dit lyk soos ‘n vlammetjie. Dit herinner ons aan die verhaal wat ons in Handelinge 2 gelees het.


Kom ons gee ons dankoffers:

Maak saam ‘n elektroniese betaling aan die kerk deur EFT of SnapScan 😊:

ABSA BANK MARGATE - TJEKREKENING

REK NO: 329 0144 212; TAK NO: 528 628


HULPMIDDELS VIR HOËRSKOOLKINDERS

Kom ons sing:


Kom ons gesels:

# Ons sê dat Jesus vir ons ‘n nuwe lewe gee – wat beteken dit vir jou?

# Dink jy ons kan vir mekaar ook nuwe lewens (new beginnings) gee?

# As jy jou lewe nou kon oor begin, wat sou jy wou agterlaat/oordoen?

# Hoe voel jy daaroor dat die Heilige Gees ons aanspoor om mekaar lief te hê en te versorg?

# Hoe dink jy kan ons die wêreld verander om meer ooreen te stem met die nuwe lewe wat God vir ons gee?

Kom ons doen ‘n aktiwiteit:

1. Kry jou wit papier reg.

2. Daar is altyd goed in ons lewens wat ons wens wil weggaan. Skryf daardie goed op jou papier neer.

3. Wees nou versigtig! Sit almal se papiere by mekaar en steek dit aan die brand. Kyk hoe die as vorm.

4. Vat die as van julle ou lewens en begrawe dit in die grond. Dit word nou kompos. Die slegte goed van ons lewens kan dikwels nie weggevat word nie, maar ons kan deur Jesus se liefde, die slegte goed gebruik om iets moois na vore te kom. Dit is ons nuwe begin.

5. Bid saam.


Kom ons gee ons dankoffers:

Maak saam ‘n elektroniese betaling aan die kerk deur EFT of SnapScan 😊:

ABSA BANK MARGATE - TJEKREKENING

REK NO: 329 0144 212; TAK NO: 528 628

22 views0 comments

Recent Posts

See All

Commenti


bottom of page