top of page
Writer's pictureNG Margate

ONTMOETING 6: “HOU JOU HANDE DOP…”

‘N TUISGELOOF PINKSTERREEKS

28 MEI 2020


WELKOM!

Kom ons word rustig in die teenwoordigheid van die Here.

Haal diep asem: in en uit.

As jy die wêreld van ‘n afstand moes bekyk, wat sou jy raaksien?

Wat sou jy wou verander van daardie beeld?

Gesels met die Here daaroor.

* Open hierdie tuisgeloof Bybelstudie met ‘n opregte gebed tot God.

** Vra iemand om hierdie tuisgeloof Bybelstudie te open met ‘n opregte gebed tot God.

YSBREKER

# Wat beteken “ontferming” vir jou?

# As jy die woord “ontferming” moes teken – hoe sou dit lyk?

# Kan jy aan mense dink wat hulself oor jou ontferm?

“NO HANDS, HANDSHAKE”

1. Ons begin deur 1 meter weg van mekaar te staan.

2. Strek nou jou regterhand na die ander persoon sonder om aan hulle te raak!

3. Raak nou met jou linkerhand aan jou oor.

4. Draai jou hande om mekaar in sirkels asof jy jou hande was.

5. Maak jou hande vuiste en slaan dit op mekaar – dit lyk amper soos ‘n hamer wat ‘n spyker slaan.

6. Bons jou hande in die lig.

Maak ‘n bril met jou vingers oor jou oë.

Volgende keer leer ons nog ‘n beweging!

LOFPRYSING & AANBIDDING

Gebruik hierdie skakels om die Here te loof en te aanbid:

Lofprysing

- Our God is an awesome God (https://www.youtube.com/watch?v=PP9BjKnDaFk)

Stilte

Bid saam voordat jy na die volgende lied luister.

Aanbidding

Alternatiewe musiek:

Youtube:

Liedboek:

LB 151 Skenk ons Here U beskerming

LB 167 Jesus, bron van al my vreugde

KOM ONS WONDER SAAM

* Lees Psalm 123 en onderstreep die gedeeltes wat vir jou uitstaan.

** Lees Psalm 123 en onderstreep die gedeeltes wat vir julle uitstaan. Gesels oor julle gedeeltes.

BOODSKAP.

Wanneer ons iets nuuts leer is dit die beste om eers iemand wat dit kan doen, dop te hou. In die tyd van tegnologie is ons gelukkig om enige iets te kan Google of op YouTube te kyk: ons kan leer brei en ons kan selfs leer hoe om sekere dieregeluide na te maak. Ons kan enige iets leer as ons net die tyd daarvoor maak.

Maar tegnologie kan ons ook deurmekaar maak. Daar is ‘n verskeidenheid menings en opsies en selfs fopnuus. Dikwels is ons baie bekommerd oor watter inligting reg en goed is. Selfs wanneer ons praat oor God kan ons wonder of die boodskap reg en goed is. Ons het immers almal verskillende perspektiewe op God en ons kan ure debatteer oor watter perspektief nou die regte een is.

Psalm 123 is ‘n korter Psalm, maar met ‘n kragtige boodskap, want al waaroor die Psalmis besorgd is, is om sy oë op God te hou. Miskien raak ons so verstrengel in al ons debatte dat ons vergeet om net in afhanklikheid ons Here en God dop te hou.

Maar miskien is dit omdat ons sukkel om God raak te sien. Die Psalmis verwoord die soeke na God en die verlange na God so mooi in hierdie Psalm. Dit is asof die Psalmis uitroep: “Sien my raak, Here!” Dit is dan amper asof ek God se sagte stem hoor wat sê: “Ek staan reeds langs jou, my kind. Ek het jou nog nooit verlaat nie.” Wanneer ons ‘n Psalm soos Psalm 123 lees, laat dit my dink aan die votum van die erediens. Dit is uitroep van verlange na God, maar tog ook met die wete dat God nie ver is nie.

So wanneer die Psalmis hier die Here se ontferming vra, is dit nie omdat die Here nie ontferming gegee het nie. Die Psalmis versterk sy eie leefstyl. Hy herinner hom aan dit wat hy moet dop hou in die lewe – die Here. Hierdie dophou is ‘n intense, totale afhanklike dophou. Jy wil nie ophou dophou nie, want net nou mis jy iets wonderlik. Dit is die lifeline waaraan jy hulpeloos en met alle mag aan vasklou. Nie omdat God God se hand gaan wegruk nie, maar omdat ons ons lewens wil inrig om God se voorbeeld raak te sien. Want daardeur leer ons iets. Ons leer om meer soos God te wees, sonder om God te wees.

Deur God se liefde dop te hou – leer ons hoe om lief te wees.

Deur God se genade dop te hou – leer ons hoe om genadig te wees.

Deur God se ontferming dop te hou – leer ons hoe om onsself oor ander te ontferm.

En dít is die intense fokus wat die wêreld nodig het.

Amen.

KOM ONS WEES SAAM

# Waar sien jy God se beeld die beste?

# Hoe dink jy moet ‘n lewe in totale afhanklikheid van God lyk?

# Hoe dink jy leef ons hierdie lewe sonder om hoogmoedig (pious) te word en so mekaar net meer te veroordeel?

# Lees weer die teks en kyk of jy die verskil kan sien in wat gebeur wanneer God dopgehou word en wanneer die mense dopgehou word.

TOT ONS MEKAAR WEER SIEN

Daar is altyd iemand anders wat ons dop hou en ons voorbeeld sien. Probeer vandag vir jou een ding identifiseer wat jy graag as voorbeeld sal wil uitleef. Miskien is dit om gaaf te wees, of wys te wees of gelukkig te wees.

Probeer om van vandag af elke keuse wat jy moet maak, te laat ooreenstem met hierdie voorbeeld wat jy wil nastreef.

AFSLUITING

* Lees die seënbede vir jouself en sluit daarna af met gebed.

** Lees die seënbede vir almal in die groep en sluit daarna af met gebed.

Mag jy God se ontferming in hierdie tyd beleef. Mag jy vind dat jy nooit alleen is nie. Mag jy weet dat God altyd langs jou staan, agter jou is, voor jou loop – by jou is. En mag jy met die intensiteit van geloof God dophou. Amen.


55 views0 comments

Recent Posts

See All

Kommentare


bottom of page