Erediens-hulpmiddels vir 9 Augustus 2020
Hallo!
Ons gee vandag weer vir julle hierdie hulpmiddel-pakkie. Gebruik dit as aanvulling tot vandag se virtuele erediens.
Kom ons kyk die virtuele erediens:
Kom ons begin vandag deur saam as gesin die virtuele erediens op Facebook en Youtube te kyk, of om daarna te luister op WhatsApp.
Daarna kan julle in hierdie dokument kies watter hulpmiddels julle wil gebruik.
HULPMIDDELS VIR VOORSKOOL & LAERSKOOLKINDERS
Kom ons sing:
- Daar is vissies in die water (https://www.youtube.com/watch?v=0x-3B-nu5Zo
- I’ve got peace like a river (https://www.youtube.com/watch?v=7it5W1FVtTs)
Kom ons gesels:
# Hoe voel jy daaroor dat dinge verander?
# Hoekom dink jy moet dinge verander?
# God verander nie, maar ons verander. Ons word ook groot. Dink jy God is altyd by ons?
God is altyd by ons, selfs al verander alles. Maar God kom verander ook alles. God bring vir ons nuwe tye waar ons net meer van God kan leer.
# Hoe voel jy hieroor?
# Hoe dink jy kan ons wys dat ons in nuwe tye ook God liefhet?
Kom ons doen ‘n aktiwiteit:
Soms voel ons baie deurmekaar wanneer nuwe goed met ons gebeur. Maar nuwe goed is ook okay, want God is altyd by ons. Om ons hieraan te herinner daag ek jou uit om vir een hele week jou tande met die “ander hand” te borsel. So as jy regs is, gebruik jou linkerkant en andersom.
Kom ons gee ons dankoffers:
Maak saam ‘n elektroniese betaling aan die kerk deur EFT of SnapScan 😊:
ABSA BANK MARGATE - TJEKREKENING
REK NO: 329 0144 212; TAK NO: 528 628
HULPMIDDELS VIR HOËRSKOOLKINDERS
Kom ons sing:
- Onse Vader (https://www.youtube.com/watch?v=Cl92RZIwIOQ)
- U is my toevlug (https://www.youtube.com/watch?v=4B60FQkEim0)
Kom ons gesels:
# Hou jy van verandering?
# Hoekom dink jy is verandering vir ons “scary”?
# Dink jy God verander ook?
# Dink jy God veroorsaak verandering in ons lewens?
God bring vir ons nuwe tye, want God maak ons deel van God se “nuwe normal”.
# Wat beteken “normaal”?
# Dink jy almal beleef dieselfde normaal? Kyk bv na hierdie prentjie:
# Dink jy ons moet omgee oor mense wie se “normaal” sleg is?
# Dink jy God sluit on suit omdat ons in slegte normale leef soos as ons nie gelukkige huisgesinne het nie; nie perfek of slim genoeg is nie?
In Romeine 9:8 lees ons dat God ons nie uitsluit oor ons in een-of-ander vorm van normaal leef nie. God bring vir ons ‘n nuwe normaal deur die wêreld te transformeer en beter te maak.
# Hoe voel jy daaroor?
Kom ons doen ‘n aktiwiteit:
Soms voel ons baie deurmekaar wanneer nuwe goed met ons gebeur. Maar nuwe goed is ook okay, want God is altyd by ons. Om ons hieraan te herinner daag ek jou uit om vir een hele week jou tande met die “ander hand” te borsel. So as jy regs is, gebruik jou linkerkant en andersom.
Kom ons gee ons dankoffers:
Maak saam ‘n elektroniese betaling aan die kerk deur EFT of SnapScan 😊:
ABSA BANK MARGATE - TJEKREKENING
REK NO: 329 0144 212; TAK NO: 528 628
Comments