Erediens-hulpmiddels vir 19 Julie 2020
Hallo!
Ons gee vandag weer vir julle hierdie hulpmiddel-pakkie. Gebruik dit as aanvulling tot vandag se virtuele erediens.
Kom ons kyk die virtuele erediens:
Kom ons begin vandag deur saam as gesin die virtuele erediens op Facebook en Youtube te kyk, of om daarna te luister op WhatsApp.
Daarna kan julle in hierdie dokument kies watter hulpmiddels julle wil gebruik.
HULPMIDDELS VIR VOORSKOOL & LAERSKOOLKINDERS
Kom ons sing: Dit borrel in my (https://www.youtube.com/watch?v=ZnhVF3TEnkM)
Leeu van Juda (https://www.youtube.com/watch?v=ssti0i2H8ko)
Kom ons gesels: # Wat is hoop? # Wat dink jy beteken dit as ons sê dat Jesus vir ons hoop gee? Jesus gee vir ons die hoop om te weet dat God altyd by ons is. # Hoekom dink jy is dit belangrik om te onthou dat Jesus by ons is? # Dink jy dit is dan ook belangrik dat ons ander mense daaraan herinner? # Hoe kan ons ander mense herinner daaraan dat Jesus by hulle is? Kom ons doen ‘n aktiwiteit: Probeer vandag vir iemand ‘n WhatsApp boodskap te stuur wat hulle daaraan sal herinner dat God altyd by hulle is. Kom ons gee ons dankoffers: Maak saam ‘n elektroniese betaling aan die kerk deur EFT of SnapScan 😊: ABSA BANK MARGATE - TJEKREKENING REK NO: 329 0144 212; TAK NO: 528 628 HULPMIDDELS VIR HOËRSKOOLKINDERS Kom ons sing: As ek voor U voete val (https://www.youtube.com/watch?v=E2LSuRtYZVU)
Kyrie Eleison (https://www.youtube.com/watch?v=6T7n1j03UZA) Kom ons gesels: # Wat dink jy is die verskil tussen “om te wens” en “om te hoop”. # Wanneer ons bid, wens ons vir iets? Of hoop ons op iets? # Wat dink jy beteken dit dat Jesus ons hoop is? Jesus is die hoop vir die wêreld. # Wat dink jy beteken dit as Jesus die hoop vir die wêreld is? # Hoe kan die hoop op Jesus die wêreld verander? Kom ons doen ‘n aktiwiteit: Probeer vandag vir iemand ‘n WhatsApp boodskap te stuur wat hulle daaraan sal herinner dat God altyd by hulle is. Kom ons gee ons dankoffers: Maak saam ‘n elektroniese betaling aan die kerk deur EFT of SnapScan 😊: ABSA BANK MARGATE - TJEKREKENING REK NO: 329 0144 212; TAK NO: 528 628
Comments