Erediens-hulpmiddels vir 5 Julie 2020
Hallo!
Ons gee vandag weer vir julle hierdie hulpmiddel-pakkie. Gebruik dit as aanvulling tot vandag se virtuele erediens.
Kom ons kyk die virtuele erediens:
Kom ons begin vandag deur saam as gesin die virtuele erediens op Facebook en Youtube te kyk, of om daarna te luister op WhatsApp.
Daarna kan julle in hierdie dokument kies watter hulpmiddels julle wil gebruik.
HULPMIDDELS VIR VOORSKOOL & LAERSKOOLKINDERS
Kom ons sing:
- Ek het Sy vreugde (https://www.youtube.com/watch?v=VY818AcVHxc)
- Dit is so lekker om die Here te dien (https://www.youtube.com/watch?v=1yLfIxme3Uk&list=PLWg9DbnoESpnxUKJYz6msqOLZACOPPKHB)
Kom ons gesels:
# Wat dink jy beteken dit as ons sê dat Jesus lief is vir ons?
# Dink jy Jesus sal wil hê dat ons vir Hom moet bang wees?
# Maar ons moet eer hê vir Jesus. Wat dink jy beteken dit?
Om God te eer, is baie soos ons respek vir God te hê. Ons weet dat God nie ‘n mens soos ons is nie. God is baie groot en magtig. Daarom het ons respek vir God, maar ons is nie bang vir God nie.
# Die Bybel praat baie oor hoe Jesus na Sy kruisiging opgestaan het uit die dood en opgevaar het na die hemel. Die hemel is die plek waar God is, maar God is ook by ons. Dit beteken dat ons reeds nou op aarde Jesus se liefde kan voel. Hoe laat dit jou voel?
# Dink jy ons kan dan ooit sonder Jesus wees?
Wanneer ons weer verder in die Bybel praat van Jesus wat ons kom haal, beteken dit nie dat Jesus ons alleen op die aarde agtergelaat het nie. Dit beteken dat Jesus ons sal kom deel maak van die hemel – die Koninkryk van God. Dit beteken dat ons net altyd by Jesus sal wees.
# Hoe voel jy daaroor om te dink dat jy altyd by Jesus is en sal wees?
# Dink jy ons moet dan bang wees vir wanneer Jesus ons deel gaan maak van die hemel?
Die Here sal ons almal eendag deel van die hemel maak. Ons is deel van die God se Koninkryk reeds nou hier op aarde as God se dissipels; en wanneer ons dood gaan is ons ook by God. Maar God belowe ook om ons hele wêreld te verander, sodat die Koninkryk van God orals kan wees. Daarom wil ons reg lewe, sodat ons gereed sal wees om verder te lewe as God se dissipels.
Kom ons doen ‘n aktiwiteit:
Speel hierdie liedjie hardop en sing saam (https://www.youtube.com/watch?v=VY818AcVHxc) …maar wanneer elkeen van hierdie woorde gesing word, moet jy die beweging saamdoen. Kyk hoe vinnig jy dit kan doen:
Vreugde – glimlag en raak aan jou mond
Hart – maak ‘n hartjie met jou vingers
Loof – waai jou arms in die lug
Heer – draai in die rondte
Vrede – sit op die vloer
Liefde – gee iemand ‘n drukkie
Vriendskap – klap jou hande
Kom ons gee ons dankoffers:
Maak saam ‘n elektroniese betaling aan die kerk deur EFT of SnapScan 😊:
ABSA BANK MARGATE - TJEKREKENING
REK NO: 329 0144 212; TAK NO: 528 628
HULPMIDDELS VIR HOËRSKOOLKINDERS
Kom ons sing:
- Hallelujah in my hart (https://www.youtube.com/watch?v=8lN1wpZB8ME)
- Ek sal nie bang wees nie (https://www.youtube.com/watch?v=M-ZEQNwZVh0)
Kom ons gesels:
# Dink julle ons moet bang wees vir God?
# Wat dink julle beteken dit om God-vresend te wees? Is dit om bang te wees vir God?
Om God te eer, is baie soos ons respek vir God te hê. Ons weet dat God nie ‘n mens soos ons is nie. God is baie groot en magtig. Daarom het ons respek vir God, maar ons is nie bang vir God nie. Daarom sê ons dat ons God-vresend is.
# Hoekom dink julle is dit belangrik om God-vresend te wees?
# Die Bybel praat baie oor hoe Jesus na Sy kruisiging opgestaan het uit die dood en opgevaar het na die hemel. Die hemel is die plek waar God is, maar God is ook by ons. So waar is die hemel dan?
# Dink jy ons kan dan ooit sonder Jesus wees?
# So beteken dit dat die hemel gedeeltelik op aarde kan wees terwyl ons lewe; die hemel is daar waar God is en wanneer ons doodgaan is ons by God en die hemel is dan die Ewige Koninkryk van God?
Wanneer ons weer verder in die Bybel praat van Jesus wat ons kom haal, beteken dit nie dat Jesus ons alleen op die aarde agtergelaat het nie. Dit beteken dat Jesus ons sal kom deel maak van die hemel – die Koninkryk van God. Dit beteken dat ons net altyd by Jesus sal wees.
Maar God belowe ook om ons hele wêreld te verander, sodat die Koninkryk van God orals kan wees. Daarom sal die Here ons almal eendag deel van die hemel maak. Ons is deel van die God se Koninkryk reeds nou hier op aarde as God se dissipels; en wanneer ons dood gaan is ons ook by God. Daarom wil ons reg lewe, sodat ons gereed sal wees om verder te lewe as God se dissipels.
# Die hemel is dus nie die beloning wat ons kry vir ons goeie lewens nie. Die hemel is die Ryk van God waarvan ons kan deelword deur die genade van Jesus Christus. Hoe voel jy hieroor? Laat dit jou anders dink oor die hemel?
# Jesus se kruisiging is dus baie dieper as wat ons kan verstaan, want Jesus het ons eintlik reeds deel van God se Koninkryk gemaak deur Sy liefde vir ons. Daarom wil ons goed optree – ons wil hê dat mense deur ons woorde en dade moet leer van Jesus se liefde sodat hulle ook deur Jesus se genade deel van die hemel kan wees. Hoe dink jy sal dit ons wêreld kan verander?
Kom ons doen ‘n aktiwiteit:
Ons gaan vandag die kinderspeletjie saam speel…kyk hoe vinnig julle dit kan doen:
Speel hierdie liedjie hardop en sing saam (https://www.youtube.com/watch?v=VY818AcVHxc) …maar wanneer elkeen van hierdie woorde gesing word, moet jy die beweging saamdoen! 😊
Vreugde – glimlag en raak aan jou mond
Hart – maak ‘n hartjie met jou vingers
Loof – waai jou arms in die lug
Heer – draai in die rondte
Vrede – sit op die vloer
Liefde – gee iemand ‘n drukkie
Vriendskap – klap jou hande
Kom ons gee ons dankoffers:
Maak saam ‘n elektroniese betaling aan die kerk deur EFT of SnapScan 😊:
ABSA BANK MARGATE - TJEKREKENING
REK NO: 329 0144 212; TAK NO: 528 628
Yorumlar