Erediens-hulpmiddels vir 7 Junie 2020
Hallo!
Ons gee vandag weer vir julle hierdie hulpmiddel-pakkie. Gebruik dit as aanvulling tot vandag se virtuele erediens.
Kom ons kyk die virtuele erediens:
Kom ons begin vandag deur saam as gesin die virtuele erediens op Facebook en Youtube te kyk, of om daarna te luister op WhatsApp.
Daarna kan julle in hierdie dokument kies watter hulpmiddels julle wil gebruik.
HULPMIDDELS VIR VOORSKOOL & LAERSKOOLKINDERS
Kom ons sing:
- This little light of mine (https://www.youtube.com/watch?v=cKkbIZtqhyQ)
- One way, Jesus (https://www.youtube.com/watch?v=PFlW1QEZ4w8)
NET DIE EERSTE LIEDJIE
- Wie’s die Koning van die oerwoud? (https://www.youtube.com/watch?v=aQ-dU3wn4AI)
- He’s alive (https://www.youtube.com/watch?v=N29pfecIiYE)
Kom ons gesels:
# Het iets slegs al ooit met jou gebeur? Hoe het jy daaroor gevoel?
# Partykeer kan dit voel asof dinge net te sleg is en mens weet nie wat om daaraan te doen nie. Het jy al ooit so gevoel?
# Wat dink jy moet ons doen as slegte goed met ons gebeur?
# Hoe dink jy kan ons iemand anders help as dit sleg gaan met hulle?
Ons glo nie dat God slegte goed met ons laat gebeur om ons te toets nie, maar ons glo dat God steeds by ons is, selfs al gebeur slegte goed met ons.
# Hoe voel jy oor hierdie boodskap?
Wanneer slegte goed met ons gebeur is dit soos ‘n kraak in ‘n eierdop. Jy kan nooit die kraak wegvat nie, maar wanneer jy saadjies in die eierdop plant en die eierdop begrawe, kan daar ‘n pragtige plantjie opkom.
# Hoe help hierdie boodskap jou?
Kom ons doen ‘n aktiwiteit:
1. Gebruik ‘n eier en maak ‘n klein gaatjie aan beide kante.
2. Blaas die eier uit, sodat jy net die dop oor het.
3. Kyk hierdie video en kyk of julle dit kan regkry om ‘n plantjie in ‘n eierdoppie te groei: https://www.youtube.com/watch?v=KX3xiUbJnW4. Onthou om foto’s van jou plantjies te neem.
Kom ons gee ons dankoffers:
Maak saam ‘n elektroniese betaling aan die kerk deur EFT of SnapScan 😊
ABSA BANK MARGATE - TJEKREKENING
REK NO: 329 0144 212; TAK NO: 528 628
HULPMIDDELS VIR HOËRSKOOLKINDERS
Kom ons sing:
- What a Beautiful Name it is (https://www.youtube.com/watch?v=r5L6QlAH3L4)
- Ek is wie U sê ek is (https://www.youtube.com/watch?v=wOmuGypH6uo&t=230s)
- God of wonders (https://www.youtube.com/watch?v=1CBNE25rtnE)
Kom ons gesels:
# Het iets slegs al ooit met jou gebeur?
# Hoekom dink jy gebeur slegte goed met ons?
Ons glo nie dat God slegte goed met ons laat gebeur nie. Ons glo ook nie dat God ons toets deur die slegte goed nie. Wat ons wel glo is dat God by ons is deur die slegte goed en dat God ons help om te leer en te groei deur die slegte goed.
# Hoe voel jy oor hierdie boodskap?
# Hoekom dink jy kan ons nie sê dat God slegte dinge met ons laat gebeur nie?
# Hoekom sal God ons ook nie toets nie?
Wanneer slegte goed met ons gebeur is dit soos ‘n kraak in ‘n eierdop. Jy kan nooit die kraak wegvat nie, maar wanneer jy saadjies in die eierdop plant en die eierdop begrawe, kan daar ‘n pragtige plantjie opkom.
# Hoe help hierdie ons om slegte tye te verstaan?
# Hoe dink jy kan ons iemand wat iets slegs ervaar het, help?
Kom ons doen ‘n aktiwiteit:
4. Gebruik ‘n eier en maak ‘n klein gaatjie aan beide kante.
5. Blaas die eier uit, sodat jy net die dop oor het.
6. Kyk hierdie video en kyk of julle dit kan regkry om ‘n plantjie in ‘n eierdoppie te groei: https://www.youtube.com/watch?v=KX3xiUbJnW4. Onthou om foto’s van jou plantjies te neem.
Kom ons gee ons dankoffers:
Maak saam ‘n elektroniese betaling aan die kerk deur EFT of SnapScan 😊
ABSA BANK MARGATE - TJEKREKENING
REK NO: 329 0144 212; TAK NO: 528 628
Comentários