‘N TUISGELOOF PINKSTERREEKS
29 MEI 2020
WELKOM!
Ons kyk vandag terug oor die week. Gooi die dobbelsteen en gebruik die getal op die dobbelsteen om te vertel van:
1 Keer wat God jou gehelp het;
2 Dinge waarmee jy vir God vertrou;
3 Kere wat iemand soos Jesus opgetree het;
4 Dinge in die natuur waarin jy vir God raaksien;
5 Goed waarvoor jy vir God wil dankie sê;
6 Dinge wat jy geleer het deur iemand dop te hou.
YSBREKER
# Gesels oor wat dit beteken om vergenoeg ("content"/tevrede) te wees.
# Wat maak dit vir ons moeilik om vergenoeg te wees?
# Wat help ons om vergenoeg te wees?
# Vertel vir mekaar van 'n keer wat jy gevoel het God is by jou en God hou jou hand vas.
# Hoe kan ons vir ander mense wys ons is daar vir hulle sonder om aan hulle te raak?
“NO HANDS, HANDSHAKE”
Vandag leer ons die sewende beweging van ons “no hands, handshake”:
1. Staan 1meter uitmekaar
2. Strek jou hand uit
3. Raak aan jou oor.
4. Draai jou hande om mekaar.
5. Maak vuiste en slaan dit op mekaar.
6. Bons jou hande in die lig met plat hande asof jy iets moet dra.
7. Maak ‘n bril met jou vingers oor jou oë.
Vou jou hande asof jy hande vashou met jouself en klap daarna drie keer jou hande
Kyk nou hoe vinnig jy ons “no hands, hansdhake” kan doen!
LOFPRYSING & AANBIDDING
Gebruik hierdie skakels om die Here te loof en te aanbid:
Lofprysing
- Die wyse man bou sy huis rots (https://www.youtube.com/watch?v=VHOVGS1TK-0)
- Daar’s vissies in die water (https://www.youtube.com/watch?v=0x-3B-nu5Zo)
- Dis so lekker om die Here te dien (https://www.youtube.com/watch?v=1yLfIxme3Uk)
Aanbidding
Kom ons word rustig voordat ons ‘n aanbiddingslied sing:
- Ek maak nou my hart oop (https://www.youtube.com/watch?v=PVXS9yIW4as)
KOM ONS WONDER SAAM
Kom ons lees Psalm 73:23 saam:
"En tog was ek altyd by U; U het my regterhand vasgehou."
BOODSKAP
Kyk na vandag se Boodskap-video op Youtube: https://www.youtube.com/watch?v=3B86o8oMQz0&t=1s
KOM ONS WEES SAAM
Werk handbewegings uit vir "Hy hou die hele wêreld in sy hand" wat wys dat ons in God se hand is: https://www.youtube.com/watch?v=Q-jw1gVG91Y
TOT ONS MEKAAR WEER SIEN
Trek 'n groot hand en 'n klein hand af. Knip beide uit. Plak nou die kleiner hand in die groter hand en skryf vandag se onthou vers in die kleiner hand. Net soos wat die kleiner hand vas geplak is aan die groter hand, so hou God ons vas en is God altyd by ons.
AFSLUITING
* Vra iemand om met die volgende gebed af te sluit, of gee elkeen die geleentheid om te bid.
Comments