‘N TUISGELOOF PINKSTERREEKS
28 MEI 2020
WELKOM!
Gebruik jou dobbelsteen om hierdie nommer-speletjie te speel:
Gooi julle dobbelsteen. Kyk na die syfer waarop jou steentjie land. Soek vir dieselfde hoeveelheid van ‘n voorwerp in die vertrek en noem dit op, bv. 4 koffiebekers, 6 plante, 1 TV
YSBREKER
# Wie hou jy graag dop?
# Kies een ding wat jy by een van jou ander gesinslede kan dophou en aanleer die week: Dit kan 'n aanlyn speletjie wees of 'n vaardigheid soos kook.
# Dophou en vertroue pas bymekaar. Hoe dink jy?
“NO HANDS, HANDSHAKE”
1. Ons begin deur 1 meter weg van mekaar te staan.
2. Strek nou jou regterhand na die ander persoon sonder om aan hulle te raak!
3. Raak nou met jou linkerhand aan jou oor.
4. Draai jou hande om mekaar in sirkels asof jy jou hande was.
5. Maak jou hande vuiste en slaan dit op mekaar – dit lyk amper soos ‘n hamer wat ‘n spyker slaan.
6. Bons jou hande in die lig.
Maak ‘n bril met jou vingers oor jou oë.
Volgende keer leer ons nog ‘n beweging!
LOFPRYSING & AANBIDDING
Gebruik hierdie skakels om die Here te loof en te aanbid:
Lofprysing
- Hy hou die hele wêreld in Sy hand (https://www.youtube.com/watch?v=Q-jw1gVG91Y)
- Open the eyes of my heart (https://www.youtube.com/watch?v=aTApAP1XP_4)
- Dit borrel in my (https://www.youtube.com/watch?v=ZnhVF3TEnkM)
Aanbidding
Kom ons word rustig voordat ons ‘n aanbiddingslied sing:
- Ek maak nou my hart oop (https://www.youtube.com/watch?v=PVXS9yIW4as)
KOM ONS WONDER SAAM
Kom ons lees Psalm 123:3b saam:
"Wees goed vir ons Here, wees baie goed vir ons.”
BOODSKAP
Kyk na vandag se Boodskap-video op Youtube: https://www.youtube.com/watch?v=JQwYqrlyxuQ
KOM ONS WEES SAAM
Hoeveel keer word die woorde 'oë', 'ontferm', 'hand' en 'Here' in Psalm 123 gebruik? Hoe kyk ‘n mens na God se hande as dit sou wees soos ‘n slaaf na ‘n eienaar kyk? Wanneer ons God se hande dophou, sien ons wat God alles gemaak het en gedoen het. Vertel van 'n keer wat jy iets spesiaal geleer het oor wat God vir jou gedoen het.
TOT ONS MEKAAR WEER SIEN
Vanaand bid ons met oop oë. Kom ons staan regop, draai stadig in die rondte en kyk wat ons alles kan sien. Sê nou vir God dankie vir al die maniere waarop Hy vir ons goed is. Knip 2 ovaal vorms uit papier en teken 'n oog in elkeen. Sit dit neer waar julle dit kan sien om te onthou ons oë op God is.
AFSLUITING
* Vra iemand om met die volgende gebed af te sluit, of gee elkeen die geleentheid om te bid.
Comments