‘N TUISGELOOF PINKSTERREEKS
27 MEI 2020
WELKOM!
Gebruik jou dobbelsteen om hierdie nommer-speletjie te speel:
Gooi vandag weer die dobbelsteen. Kies iemand om saam met jou die getal op die dobbelsteen met julle twee se hande te vorm. Noem dan een ding van die vorige dag se Hand in Hand ervaring wat die meeste vir jou uitgestaan het.
YSBREKER
# Teken die plek waar jy die heel veiligste voel. Vertel dan vir mekaar daarvan.
# Praat oor hoe God soos hierdie plek is wat jy geteken het.
# Hoe voel dit om iemand te vertrou terwyl jy geblinddoek is?
# Wat lees jy oor vertroue in Psalm 91?
“NO HANDS, HANDSHAKE”
Vandag leer ons die sesde beweging van ons “no hands, handshake”:
1. Ons begin deur 1 meter weg van mekaar te staan.
2. Strek jou hand uit.
3. Raak aan jou oor.
4. Draai jou hande om mekaar.
5. Maak vuiste en slaan dit op mekaar
Bons jou hande in die lig met plat hande asof jy iets moet dra.
Volgende keer leer ons nog ‘n beweging!
LOFPRYSING & AANBIDDING
Gebruik hierdie skakels om die Here te loof en te aanbid:
Lofprysing
- Every move I make (https://www.youtube.com/watch?v=MPvnZILn6EY)
- Loof die Heer (https://www.youtube.com/watch?v=9Ro9qa6SSKM)
- I reach up high (https://www.youtube.com/watch?v=qi2KtOkSPa4&list=PL_EZ5WzIPJFg41WUomI4NZjAoHsMLmwJg)
Aanbidding
Kom ons word rustig voordat ons ‘n aanbiddingslied sing:
- Ek maak nou my hart oop (https://www.youtube.com/watch?v=PVXS9yIW4as)
KOM ONS WONDER SAAM
Kom ons lees Psalm 91:2 saam:
“U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.”
BOODSKAP
Kyk na vandag se Boodskap-video op Youtube: https://www.youtube.com/watch?v=0Lt5xWGCCNM
KOM ONS WEES SAAM
Kies een persoon om te blinddoek (A) en een wat kan lei (B). Nadat A geblinddoek is, kan B vir A aan die hande lei. Almal kan 'n beurt kry om A te wees.
TOT ONS MEKAAR WEER SIEN
Gebruik verf om 'n effekleur geskenksak met julle handafdrukke te versier. Skryf bo aan die sakkie: "God dra ons." Begin 'n ritueel waarin julle skryf hoe God julle die week gedra het en gooi dit in die sak. Aan die einde van die jaar kan julle al die stories uit die sak haal en lees.
AFSLUITING
* Vra iemand om met die volgende gebed af te sluit, of gee elkeen die geleentheid om te bid.
Comments