‘N TUISGELOOF PINKSTERREEKS
26 MEI 2020
WELKOM!
Vandag is die die vierde dag in ons Pinksterreeks! Gebruik jou dobbelsteen om hierdie nommer-speletjie te speel:
6 - Spring soos 'n padda
5 - Staan op jou hande
4 - Gee die person regs van jou 4 komplimente
3 - Dink aan 3 dinge wat jy die week geleer het
2 - Noem 2 dinge waarmee jy die week in die huis kan help
1 - Vra iemand om te bid of gee elkeen die geleentheid om te bid.
YSBREKER
# Wat dink julle beteken dit as ons sê God is die Koning?
# God het alles gemaak wat vir ons mooi is. Dink julle dit is dan mooi as ons dit wat God gemaak het breek of verniel?
# Wat dink julle moet ons eerder doen met die goed wat God gemaak het?
“NO HANDS, HANDSHAKE”
Vandag leer ons die vyfde beweging van ons “no hands, handshake”:
1. Ons begin deur 1 meter weg van mekaar te staan.
2. Strek nou jou regterhand na die ander persoon sonder om aan hulle te raak!
3. Raak nou met jou linkerhand aan jou oor.
4. Draai jou hande om mekaar in sirkels asof jy jou hande was.
Maak jou hande vuiste en slaan dit op mekaar – dit lyk amper soos ‘n hamer wat ‘n spyker slaan.
Volgende keer leer ons nog ‘n beweging!
LOFPRYSING & AANBIDDING
Gebruik hierdie skakels om die Here te loof en te aanbid:
Lofprysing
- You are my God (https://www.youtube.com/watch?v=nbfafXcO4dA)
- My Pa is die Koning (https://www.youtube.com/watch?v=EoBNNmGZ9Sg)
- I’ve got peace like a river (https://www.youtube.com/watch?v=7it5W1FVtTs)
Aanbidding
Kom ons word rustig voordat ons ‘n aanbiddingslied sing:
- Ek maak nou my hart oop (https://www.youtube.com/watch?v=PVXS9yIW4as)
KOM ONS WONDER SAAM
Kom ons lees Psalm 8:10 saam:
“Here, ons Here, die hele aarde wys dat U Koning is.”
BOODSKAP
Kyk na vandag se Boodskap-video op Youtube: https://www.youtube.com/watch?v=LkP_nPFpyh8
KOM ONS WEES SAAM
Stap in die huis en kyk of jy iets kan sien wat iemand in die huis self gemaak het (wat hulle eie handewerk is)? Vra vir hulle hoe het dit vir hulle gevoel om iets met hul eie twee hande te maak. Dink saam oor wat julle in die huis kan maak en/of versorg met julle eie twee hande.
TOT ONS MEKAAR WEER SIEN
Neem 2 verskillende kleure papiere en knip dit in lang stroke (die lengte van die papier). Skryf een woord of sin waarvoor julle wil bid op 'n strook. Maak 'n paar sulke gebedsstroke. Plak die eerste strook toe dat dit 'n sirkel vorm. Ryg die volgende stroke deur die eerste een en plak toe. Herhaal totdat dit 'n gebeds-ketting vorm.
AFSLUITING
* Vra iemand om met die volgende gebed af te sluit, of gee elkeen die geleentheid om te bid.
Here, help ons onthou dat ons handewerk ons aan mekaar verbind. Dankie Here dat ons aan U verbind is deur U Handwerk. Amen.
Comments