‘N TUISGELOOF PINKSTERREEKS
25 MEI 2020
WELKOM!
Vandag is die die derde dag in ons Pinksterreeks! Gebruik jou dobbelsteen om hierdie nommer-speletjie te speel:
6 - Noem 6 goeie goed
5 - Dink aan 5 mense
4 - Sien 4 mooi goed raak
3 - Haal 3 keer diep asem
2 - Sê 2 keer: "Jesus is lief vir my."
1 - Vra iemand om te bid of gee elkeen die geleentheid om te bid.
YSBREKER
# Hoe weet ons dat ons aan God behoort?
# Hoekom is dit belangrik dat ons aan God behoort?
# Hoe lewe kinders van God?
# Wat kan jy vandag doen om as kind van God te lewe?
“NO HANDS, HANDSHAKE”
Vandag leer ons die tweede beweging van ons “no hands, handshake”:
1. Ons begin deur 1 meter weg van mekaar te staan.
2. Strek nou jou regterhand na die ander persoon sonder om aan hulle te raak!
3. Raak nou met jou linkerhand aan jou oor.
Draai jou hande om mekaar in sirkels asof jy jou hande was.
Volgende keer leer ons nog ‘n beweging!
LOFPRYSING & AANBIDDING
Gebruik hierdie skakels om die Here te loof en te aanbid:
Lofprysing
- My God is so groot (https://www.youtube.com/watch?v=bfMRdorK_I4)
- Dis so lekker om die Here te dien (https://www.youtube.com/watch?v=1yLfIxme3Uk)
- Ek weet verseker (https://www.youtube.com/watch?v=PLHCBR5somQ)
Aanbidding
Kom ons word rustig voordat ons ‘n aanbiddingslied sing:
- Ek maak nou my hart oop (https://www.youtube.com/watch?v=PVXS9yIW4as)
KOM ONS WONDER SAAM
Kom ons lees Psalm 24:1 saam:
"Die aarde en alles op die aarde, die wêreld en al die mense in die wêreld, almal behoort aan die Here."
BOODSKAP
Kyk na vandag se Boodskap-video op Youtube of luister die MP3 op WhatsApp: https://www.youtube.com/watch?v=qE3E0fEzikg
KOM ONS WEES SAAM
Die doop herinner ons daaraan dat ons aan God behoort. Maak die doop ons kinders van God? Nee. God maak ons kinders van God. Ons behoort aan God ongeag of ons gedoop is of nie. Druk nou julle hande in 'n bak water en sê: "Ek behoort aan God!"
TOT ONS MEKAAR WEER SIEN
Knip hierdie prentjie uit. Plas dit by die wasbak en elke keer wanneer jy jou hande was, onthou dat jy aan God behoort.
AFSLUITING
* Vra iemand om met ‘n gebed af te sluit, of gee elkeen die geleentheid om te bid.
Comments