‘N TUISGELOOF PINKSTERREEKS VIR KINDERS
ONTMOETING 1: “STREK JOU HANDE UIT…”
21 MEI 2020
WELKOM!
Gebruik jou dobbelsteen om hierdie speletjie te speel!
Strek jou arm so ver uit as wat jy kan en rol die dobbelsteen op die tafel. Kyk na die nommer op die dobbelsteen. Vertel nou soveel goed van jouself, byvoorbeeld: Wat dink jy? Wat is nuus? Hoe voel jy? Waarvan hou jy?
* Vra iemand om te bid of gee elkeen die geleentheid om te bid.
YSBREKER
# Het jy al ooit alleen gevoel? Wat het gebeur?
# Kyk na hierdie prentjie van die hande. Wat probeer hulle doen?
# Wat dink jy beteken dit as jy jou hande so na iemand toe uitstrek?
“NO HANDS, HANDSHAKE”
Vandag leer ons die eerste beweging van ons “no hands, handshake”:
Ons begin deur 1 meter weg van mekaar te staan. Strek nou jou regterhand na die ander persoon sonder om aan hulle te raak!
Volgende keer leer ons nog ‘n beweging!
LOFPRYSING & AANBIDDING
Gebruik hierdie skakels om die Here te loof en te aanbid:
Lofprysing
- Why don’t you dig a little deeper? (https://www.youtube.com/watch?v=BIasaHtnsag )
- Alle volke klap julle hande (https://www.youtube.com/watch?v=pASjQUcwL7M )
- One way (https://www.youtube.com/watch?v=ZZ2zXc_9Q00 )
Aanbidding
Kom ons word rustig voordat ons ‘n aanbiddingslied sing:
- Ek maak nou my hart oop (https://www.youtube.com/watch?v=PVXS9yIW4as )
KOM ONS WONDER SAAM
Kom ons lees Psalm 88:10 saam:
My oë het dof geword, want ek kry baie swaar. Ek het tot U gebid, Here,
ek het die hele dag my hande uitgesteek na U.
BOODSKAP
Kyk na vandag se Boodskap-video op Youtube:
KOM ONS WEES SAAM
Doen 'n sprong van vertroue. Laat julle vanaf 'n stoel in iemand se hande spring. Strek jou hande na die persoon uit. Hoe kan ons weet dat God ons altyd sal vang?
TOT ONS MEKAAR WEER SIEN
Strek julle hande na mekaar uit terwyl julle bid maar moenie aan mekaar raak nie. Bid vir mense na wie julle verlang en nie nou kan sien nie. Teken 'n hand en skryf iemand se naam daarin wat swaarkry. Sit die hande neer waar julle dit kan sien in die huis.
AFSLUITING
* Vra iemand om met ‘n gebed af te sluit, of gee elkeen die geleentheid om te bid.
Comments