HAND-IN-HAND PINKSTERREEKS
22 MEI 2020
WELKOM!
Gebruik jou dobbelsteen om hierdie speletjie te speel!
Gooi die dobbelsteen en vertel vir mekaar wat vir jou maklik is en wat vir jou moeilik is. Die getal van die dobbelsteen bepaal hoeveel dinge jy moet noem.
* Vra iemand om te bid of gee elkeen die geleentheid om te bid.
YSBREKER
# Het jy al ooit bang gevoel?
# Wat dink jy moet ons doen as ons bang is?
# Hoe kan jy iemand ander wat bang is help?
“NO HANDS, HANDSHAKE”
Vandag leer ons die tweede beweging van ons “no hands, handshake”:
Ons begin deur 1 meter weg van mekaar te staan. Strek nou jou regterhand na die ander persoon sonder om aan hulle te raak!
Raak nou met jou linkerhand aan jou oor.
Volgende keer leer ons nog ‘n beweging!
LOFPRYSING & AANBIDDING
Gebruik hierdie skakels om die Here te loof en te aanbid:
Lofprysing
- This little light of mine (https://www.youtube.com/watch?v=cKkbIZtqhyQ)
- Wie’s die Koning van die oerwoud (https://www.youtube.com/watch?v=GFR2ZCQcUi0)
- Jesus loves me (https://www.youtube.com/watch?v=QSaWPYb6_6k)
Aanbidding
Kom ons word rustig voordat ons ‘n aanbiddingslied sing:
- Ek maak nou my hart oop (https://www.youtube.com/watch?v=PVXS9yIW4as)
KOM ONS WONDER SAAM
Kom ons lees Psalm 31: 6 saam:
Ek gee myself vir U, Here, net vir U. U is God, net U is God, U maak my vry.
BOODSKAP
Kyk na vandag se Boodskap-video op Youtube of luister die MP3 op WhatsApp: https://www.youtube.com/watch?v=rUHhT1bt1Xg
KOM ONS WEES SAAM
Draai jou handpalms na bo en sê: "Jesus, in U hande gee ek my lewe oor." Wanneer ons saam is, hoef ons nie bang te wees nie. In Psalm 31:21 sê Dawid vir ons dat God altyd by ons is, en ons beskerm van alle slegte dinge.
TOT ONS MEKAAR WEER SIEN
Draai almal nou hulle handpalms na bo en sê: "Een, twee, drie, drukkie!" Plant 'n boontjie tussen watte en hou dit nat totdat dit groot genoeg is om oor te plant in 'n potjie. So kan jy dan sien dat die Here vir alles sorg. As Hy dan sorg dat die saadjie ontkiem en groei, hoeveel te meer sal Hy vir jou sorg?
AFSLUITING
* Vra iemand om met ‘n gebed af te sluit, of gee elkeen die geleentheid om te bid.
Comentarios