‘N TUISGELOOF PINKSTERREEKS VIR TIENERS, JONG EN OUER MENSE
ONTMOETING 1: “STREK JOU HANDE UIT…”
21 MEI 2020
WELKOM!
Kom ons neem ‘n oomblik om rustig in die teenwoordigheid van God te word.
Haal diep asem: in en uit.
Word bewus van jou eie hartklop en die lewe wat in jou is. Steek jou hande voor jou uit. Sien hoe jy met jou hande in gebed vir God om hulp vra. Wat sal jy vir God so met jou hande uitgestrek wil vra of sê?
Kyk na die prentjie van die hande wat uitgestrek na bo is:
Wat dink jy “sê” daardie hande?
* Open hierdie tuisgeloof Bybelstudie met ‘n opregte gebed tot God.
** Vra iemand om hierdie tuisgeloof Bybelstudie te open met ‘n opregte gebed tot
God.
YSBREKER
# Het jy al ooit alleen gevoel?
# Dink jy dat jy iemand anders al ooit alleen laat voel het?
# Hoe kan mens op ‘n gesonde manier gevoelens van eensaamheid hanteer?
“NO HANDS, HANDSHAKE”
Vandag leer ons die eerste beweging van ons “no hands, handshake”:
Ons begin deur 1 meter weg van mekaar te staan. Strek nou jou regterhand na die ander persoon sonder om aan hulle te raak!
Volgende keer leer ons nog ‘n beweging!
LOFPRYSING & AANBIDDING
Gebruik hierdie skakels om die Here te loof en te aanbid:
Lofprysing
- Wie U sê ek is (https://www.youtube.com/watch?v=wOmuGypH6uo )
- No longer slaves (https://www.youtube.com/watch?v=f8TkUMJtK5k )
- You’re gonna be okay (https://www.youtube.com/watch?v=LjF9IqvXDjY )
Stilte
Bid saam voordat jy na die volgende lied luister.
Aanbidding
- In beheer (https://www.youtube.com/watch?v=CFAgqAQOWd0 )
Alternatiewe musiek:
Youtube:
Genade onbeskryflik groot (https://www.youtube.com/watch?v=Wz0RBuLuX6w)
Liedboek:
LB 156 Loof, loof die Here!
LB 192 Grote God U Skepperhand
LB 216 Sing met vreugde, sing
KOM ONS WONDER SAAM
* Lees Psalm 88 en onderstree p die gedeeltes wat vir jou uitstaan.
* Lees Psalm 88 en onderstree p die gedeeltes wat vir julle uitstaan. Gesels oor
julle gedeeltes
BOODSKAP
Kyk na vandag se Hemelvaart-video op Facebook en Youtube.
KOM ONS WEES SAAM
Psalm 88 en die boodskap van Hemelvaart klink soos twee verskillende boodskappe! Maar kom ons gesels oor hoe dit mekaar aanvul:
# Het jy al ooit gevoel asof God ver weg is? Die Psalmdigter het so gevoel.
# Maar wat sê die boodskap van Hemelvaart vir ons oor waar God is?
# Wat moet ons doen wanneer ons soos die Psalmdigter voel?
# Hoe kan ons die boodskap van Hemelvaart aan mense verkondig wat soos die Psalmdigter voel?
# Hoe kan ons mense wat alleen voel help in hierdie tye van vandag se sosiale distansiëring?
TOT ONS MEKAAR WEER SIEN
Maak vandag van die geleentheid gebruik om een ding te soek wat Christus jou leer van die Koninkryk van God.
AFSLUITING
* Lees die seënbede vir jouself en sluit daarna af met gebed.
** Lees die seënbede vir almal in die groep en sluit daarna af met gebed.
Mag die Here God wat lewe by jou wees. Mag Christus jou Lig en jou Verlosser wees. Mag die Gees jou lei sodat almal kan sien dat dit Sy Koninkryk is wat kom. Amen.
Comments