Erediens-hulpmiddels vir 21 Junie 2020
Hallo!
Ons gee vandag weer vir julle hierdie hulpmiddel-pakkie. Gebruik dit as aanvulling tot vandag se virtuele erediens.
Kom ons kyk die virtuele erediens:
Kom ons begin vandag deur saam as gesin die virtuele erediens op Facebook en Youtube te kyk, of om daarna te luister op WhatsApp.
Daarna kan julle in hierdie dokument kies watter hulpmiddels julle wil gebruik.
HULPMIDDELS VIR VOORSKOOL & LAERSKOOLKINDERS
Kom ons sing:
- Dit borrel in my (https://www.youtube.com/watch?v=ZnhVF3TEnkM&t=28s)
- Vissies in die water (https://www.youtube.com/watch?v=0x-3B-nu5Zo)
- Reach up high (https://www.youtube.com/watch?v=wXF-HAURxmg)
Kom ons gesels:
# Hou jy daarvan om vir mense te sê hoe jy oor goed voel?
# Dink jy dit is belangrik om vir mekaar te sê hoe ons voel?
# Dink jy dit is belangrik om vir God te sê hoe jy voel?
# Hoe dink jy praat die Here met jou?
God is altyd naby aan ons. Dit beteken dat ons altyd met die Here kan gesels. Ons hoef nooit skaam te wees nie.
# Hoe voel jy oor hierdie boodskap?
Wanneer ons na mekaar luister, help ons mekaar om beter te voel. Ons moet nie lelik met iemand wees as hulle vir ons iets vertel nie.
# Hoe kan jy iemand anders help om beter te voel wanneer hulle sleg voel?
# Hoe jy kan jy iemand anders help om te voel dat hulle ook belangrik is?
Kom ons doen ‘n aktiwiteit:
Gebruik ‘n dobbelsteen of selfs ‘n dobbelsteen-App op jou selfoon.
Vir elke nommer wat jy rol, kan jy oor die volgende gesels. Dis okay as jy dieselfde nommer gooi, maar jy mag nie dieselfde ding vertel nie 😊:
1 – Vertel vir ons ‘n droom wat jy al gehad het
2 – Vertel vir ons van ‘n keer wat iemand mooi was met jou
3 – Vertel vir ons van een van die beste goed wat met jou al gebeur het
4 – Vertel vir ons van ‘n keer wat jy hartseer was
5 – Vertel vir ons van iemand vir wie jy baie lief is en hoekom
6 – Vertel vir ons van een manier hoe ons goed vir mekaar kan wees
Kom ons gee ons dankoffers:
Maak saam ‘n elektroniese betaling aan die kerk deur EFT of SnapScan 😊:
ABSA BANK MARGATE - TJEKREKENING
REK NO: 329 0144 212; TAK NO: 528 628
HULPMIDDELS VIR HOËRSKOOLKINDERS
Kom ons sing:
- Oceans (https://www.youtube.com/watch?v=6GGFb6LcX3U)
- Psalm 23 (https://www.youtube.com/watch?v=Mo3HgtT_OiE)
Kom ons gesels:
# Het jy al gevoel asof niemand jou hoor nie?
# Hoekom dink jy is dit so maklik om nie werklik na mekaar te luister nie?
# Dink jy God luister werklik na jou?
# Hoe dink jy kan God met jou praat?
Wanneer ons sê dat God met ons praat, bedoel ons dat God op verskillende maniere ons lei, troos en ondersteun. Dit is nie noodwendig vir almal dieselfde nie. Dit kan ‘n gedagte wees wat by jou ontstaan; dit kan in musiek of die natuur wees; dit kan selfs in ‘n goeie vriendskap wees.
# Hoe laat dit jou dink oor die maniere waarop God met ons praat?
# Wat dink jy sal jy nou wil hê dat God vir jou moet sê.
Wanneer ons met mekaar oor God praat, laat ons die Gees ook toe om deur ons te werk. Ons kan mekaar dus help om God se stem te hoor.
# Hoe laat dit jou dink oor die woorde wat jy moet gebruik?
# Hoe laat dit jou dink oor die maniere waarop jy teenoor ander moet optree?

Comments