top of page
Writer's pictureNG Margate

DIE HERE IS LIEF VIR MY NES EK IS

Erediens-hulpmiddels vir

12Julie 2020



Hallo!

Ons gee vandag weer vir julle hierdie hulpmiddel-pakkie. Gebruik dit as aanvulling tot vandag se virtuele erediens.

Kom ons kyk die virtuele erediens:

Kom ons begin vandag deur saam as gesin die virtuele erediens op Facebook en Youtube te kyk, of om daarna te luister op WhatsApp.

Daarna kan julle in hierdie dokument kies watter hulpmiddels julle wil gebruik.

HULPMIDDELS VIR VOORSKOOL & LAERSKOOLKINDERS


Kom ons sing:

Kom ons gesels: # Wat dink jy beteken dit as ons sê dat Jesus lief is vir ons net soos ons is?

Jesus is lief vir ons net soos ons is. Dit beteken dat ons net onsself hoef te wees. Ons is goed genoeg vir God.

# Hoekom dink jy is dit belangrik dat ons hierdie boodskap moet onthou? # Dink jy dat ons partykeer lelik is met ander mense en hulle nie goed genoeg laat voel nie? Het dit al met jou gebeur? # Hoe dink jy moet ons eerder optree?

Ons kan nie Jesus se liefde vir ons meer of minder maak nie. Jesus se liefde is al klaar heeltemal genoeg vir ons. Maar ons wil graag ook goeie dissipels wees.

# Wat dink jy is ‘n dissipel? # Hoe dink jy moet dissipels optree?

Kom ons doen ‘n aktiwiteit: Ons is dissipels van God en ons wil daardie boodskap die wêreld indra. So kom ons trys ons voete af op papier. Mak vir jou bandjies sodat jy papier plakkies het. Skryf op jou plakkies al die boodskappe wat jy in die wêreld wil indra, soos bv. Jesus is lief vir ons nes ons is.


HULPMIDDELS VIR HOËRSKOOLKINDERS

Kom ons sing:

Kom ons gesels: # Wat dink jy beteken dit as ons sê dat Jesus lief is vir ons net soos ons is? Jesus is lief vir ons net soos ons is. Dit beteken dat ons net onsself hoef te wees. Ons is goed genoeg vir God. # Hoekom dink jy is dit belangrik dat ons hierdie boodskap moet onthou? # Dink jy dat ons partykeer lelik is met ander mense en hulle nie goed genoeg laat voel nie? Het dit al met jou gebeur? # Hoe dink jy moet ons eerder optree? Ons kan nie Jesus se liefde vir ons meer of minder maak nie. Jesus se liefde is al klaar heeltemal genoeg vir ons. Maar ons wil graag ook goeie dissipels wees. # Wat dink jy is ‘n dissipel? # Hoe dink jy moet dissipels optree? Kom ons doen ‘n aktiwiteit: Ons is dissipels van God en ons wil daardie boodskap die wêreld indra. So kom ons trys ons voete af op papier. Mak vir jou bandjies sodat jy papier plakkies het. Skryf op jou plakkies al die boodskappe wat jy in die wêreld wil indra, soos bv. Jesus is lief vir ons nes ons is.

38 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page