top of page
Writer's pictureNG Margate

ALMAL OM EEN TAFEL...

Erediens-hulpmiddels vir 14 Junie 2020


Hallo!

Ons gee vandag weer vir julle hierdie hulpmiddel-pakkie. Gebruik dit as aanvulling tot vandag se virtuele erediens.


Kom ons kyk die virtuele erediens:

Kom ons begin vandag deur saam as gesin die virtuele erediens en Nagmaal op Facebook en Youtube te kyk, of om daarna te luister op WhatsApp.

Daarna kan julle in hierdie dokument kies watter hulpmiddels julle wil gebruik.


HULPMIDDELS VIR VOORSKOOL & LAERSKOOLKINDERS

Kom ons sing:

- God is lief vir al die baba kinders (https://www.youtube.com/watch?v=1m9dQKpkGao)

Kom ons gesels:

# Was maatjies al ooit lelik met jou? Soos bv dat hulle nie met jou wou speel nie?

# Hoe het dit jou laat voel?

# Hoekom dink jy is dit so sleg as mense lelik met ons is en ons uitsluit?

# Hoe dink jy kan ons vriendeliker wees met mense?

Die Nagmaal is die herinnering dat Jesus vir ons gesterf het, sodat ons nooit deur God uitgesluit sal word nie.

# Hoe voel jy oor hierdie boodskap?

Die Nagmaal is dan ook die herinnering dat ons nooit mekaar moet uitsluit vir wie ons is nie. Dit is amper soos wanneer almal ‘n plek aan ‘n tafel het. Jy behoort.

# Hoe kan jy iemand anders help om ook te voel asof hulle behoort?

Kom ons doen ‘n aktiwiteit:

1. Vat ‘n papier en teken ‘n tafel daarop.

2. Teken nou al die mense waaraan jy kan dink saam met jou om die tafel.

3. Neem dit vir hulle af en stuur vir hulle ‘n foto daarvan.

Kom ons gee ons dankoffers:

Maak saam ‘n elektroniese betaling aan die kerk deur EFT of SnapScan 😊:

ABSA BANK MARGATE - TJEKREKENING

REK NO: 329 0144 212; TAK NO: 528 628


HULPMIDDELS VIR HOËRSKOOLKINDERS

Kom ons sing:

Kom ons gesels:

# Was jy al ooit uitgesluit deur jou vriendekring? Hoe het jy gevoel daaroor?

# Hoekom dink jy sluit ons mekaar uit?

# Hoe dink jy voel die mense wat uitgesluit word?

# Hoe dink jy kan ons ander mense weer insluit?

Die Nagmaal is die herinnering dat Jesus vir ons gesterf het, sodat ons nooit deur God uitgesluit sal word nie.

# Wat beteken dit as ons sê dat God ons nooit uitsluit nie?

# Hoe laat dit jou voel?

Die Nagmaal is dan ook die herinnering dat ons nooit mekaar moet uitsluit vir wie ons is nie. Dit is amper soos wanneer almal ‘n plek aan ‘n tafel het. Jy behoort.

# Hoe kan jy iemand anders help om ook te voel asof hulle behoort?

Kom ons doen ‘n aktiwiteit:

2. Download die prentjie

3. Maak dit jou WhatsApp status en probeer om so na mense uit te reik

Kom ons gee ons dankoffers:

Maak saam ‘n elektroniese betaling aan die kerk deur EFT of SnapScan 😊:

ABSA BANK MARGATE - TJEKREKENING

REK NO: 329 0144 212; TAK NO: 528 628




44 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page